Afrikaans Lopende Skrif | PDF | Handskrif-oefeninge

R30,00

Leer lopende skrif skryf op ‘n sinvolle, stapsgewyse manier, met die mooiste natuurgedrewe waterverf-ontwerp.

Hierdie bron is perfek vir tuisskolers én klaskamergebruik, en help die student om hulle lopende skrif-vaardighede stap-vir-stap te bou op ‘n manier wat natuurlik en nie-intimiderend voel. Die vaardigheid en lettervorming bou sinvol van letters, na kort woorde, na sinne, waar die student uiteindelik Psalm 23 en Psalm 150 oorskryf – een vers op ‘n slag.

Nooi jou kind in die vloeiende ritme van lopende skrif in met hierdie pragtige Afrikaanse werkskaarte.


Wat is ingesluit:

  • 31 drukbare bladsye, insluitend ‘n voorblad, met asemrowende kunswerke geïnspireer deur die wonderskone landskap van Suid-Afrika en God se skepping.
  • Beginner-vriendelike inleiding to letterplasing en beginpunte (lug, gras, grond)
  • Stippellyn-alfabet om lopende skrif-letters te oefen
  • Geleidelike vordering van letters na woorde, en uiteindelik sinne
  • Bybelse kopiewerk uit Psalm 23 en Psalm 150
  • Wonderskone waterverf beeldmateriaal, geïnspireer deur Suitd-Afrikaanse landskap en natuur.

Struktuur van die werkboek:

Die eerste paar bladsye stel die student aan die Waldoff-geïnspireerde skryf-area’s voor – lug, gras en grond. Dit help die student om te verstaan waar elke letter op die skryfstaaf geskryf word, asook waar elke letter se beginpunt is.

Van daar af is die verloop baie natuurlik, as volg:

  • Die student leer eers hoe om die eerste helfte van die alfabet te skryf op stippellynletters
  • Hy of sy oefen dan hoe om woorde met slegs daardie letters te skryf – weereens met stippellynletters op die skryfstaaf
  • Die tweede helfte van die alfabet word dan bekendgestel op die dieselfde manier, eers net kleinletters, dan ook met woorde wat uit slegs uit daardie letters bestaan.
  • Daarna volg die hoofletters op dieselfde manier.
  • Uiteindelik skryf die student die gekose Psalms een vers op ‘n slag oor – eers ook op stippellynletters, maar plek-plek op hulle eie as hulle gereed is.

Hierdie hulpbron bemagtig die student nie net om lopende skrif baas te raak nie, maar leer hulle ook geduld, fokus, en om oor waarhede te kan reflekteer.


Op eie pas

Elke kind leer teen hulle eie pas en hierdie hulpbron is met dit in gedagte geskep. Sommige studente geniet dalk om slegs ‘n paar rye per dag te voltooi, terwyl ander deur verskeie bladsye op ‘n slag werk. Die manier waarop hierdie bron skryfvaardighede stelselmatig bou verseker dat leerders op hulle eie pas en ritme kan vorder.


Perfek vir:

  • Tuisskolers
  • Afrikaanse leerders
  • Primêre-fase handskrifontwikkeling en oefening
  • Leer en groei wat deur die natuur geïnspireer is
  • Skrifgebasseerde kopiewerk
  • Ouers en onderwysers wat op soek is na pragtige, kalmerende opvoedkundige hulpbronne

Hierdie is ‘n Afrikaanse hulpbron. ‘n Engelse weergawe is ook in die aanlywinkel beskikbaar.

Let wel: Hierdie is ‘n digitaal-aflaaibare produk. Geen fisiese produk sal gestuur word nie.


 


Invite your child into the gentle rhythm of handwriting with this thoughtfully designed Afrikaans cursive practice pack.

Created with both homeschooling families and classroom learners in mind, this printable workbook combines meaningful skill-building with beautiful, calming imagery inspired by the wonder of South African landscapes and God’s creation. Soft watercolor illustrations and nature-inspired scenes help create a learning experience that feels peaceful, inviting, and encouraging—never overwhelming.

This 31-page printable pack gradually guides students through the foundations of cursive handwriting, allowing confidence and fluency to grow one step at a time.


What’s included:

  • 31 printable handwriting practice pages, with gorgeous artwork inspired by South African landscapes and God’s creation
  • Beginner-friendly introduction to letter placement and starting points
  • Traceable cursive alphabet practice
  • Gradual word-building activities using learned letters only
  • Scripture copywork pages featuring Psalm 23 and Psalm 150
  • Beautiful watercolor imagery inspired by South African scenery and nature

How the workbook is structured:

The first few pages gently introduce students to the writing lines (“lug, gras, grond”) and help them understand where each letter begins and sits on the writing staff.

From there, the workbook progresses gradually:

  • The first half of the alphabet is introduced in traceable cursive letters
  • Practice pages follow using only those letters in simple words
  • The second half of the alphabet is then introduced
  • Additional practice pages build confidence using the newly learned letters

The workbook culminates in several beautiful copywork pages where students rewrite Psalm 23 and Psalm 150 one verse at a time—encouraging not only handwriting development, but also patience, focus, and quiet reflection.


A gentle, flexible approach to learning

Every child learns at their own pace, and this resource is designed with that in mind. Some students may enjoy completing a few rows each day, while others may prefer working through several pages at a time. The gradual structure allows families and educators to adapt the rhythm to suit each individual learner.


Perfect for:

  • Homeschooling families
  • Afrikaans language learners
  • Primary school handwriting practice
  • Gentle, nature-inspired learning environments
  • Scripture-based copywork practice
  • Parents and educators looking for beautiful, calming educational resources

This resource is currently available in Afrikaans, with an English version also available in the shop.

Please note:
This is a digital download. No physical product will be shipped.